"What are your 3 basic tips for "being ready" to
face the world?"
Desire
Gardner's answer in afrikaans:
***
"LESS IS MORE" - Ek weet hierdie engelse sê-ding is 'n
cliché, maar ek glo ook dit het juis daardie benaming gekry omdat
dit so waar is. Wanneer ek aantrek vir 'n funksie, of selfs net 'n
alledaagse pakkie uitkies, sal ek slegs een juwelliersstuk kies. Of
groot oorringe, of 'n mooi armband of 'n pragtige nekding. Maar ek
laat dit wat ek dra 'n stelling maak, en gee hom genoeg ruimte om
dit te kan doen. Met my troue het ek byvoorbeeld net 'n paar Simon
Rademan Oorringe gedra. Dit was voldoende en nie oorbodig nie.
***
KONTRAS - Ek is mal oor kontras. In die winter, sal ek
byvoorbeeld 'n fyn rokkie aantrek met 'n groot kontrasterende jas
daarby. Of somer, 'n wye broek met 'n stywe toppie, of andersom.
Hierdie werk ook vir my met grimering. Met my troue was dit een van
die dinge wat ek wou he, want ek geniet dit om dit selfs met my
alledaagse grimering ook te doen: die sagte, ligte pienk grimering
op die wange en lippe en dan die lekker kontras met die donker,
smeulende oe. Ek doen dit ook soms met my haar-styl, deur van die
hare reguit te stylleer en ander krullerig te los, so meng ek die
twee, dat die hare in een styl met mekaar kontrasteer.
***
KREATIEF EN OORSPRONKLIK - Nog iets wat ek interresant vind
is om 'ou' klere, 'nuut' te maak. Dit kan jou eie 'weggooi'-klere
wees, of iets in jou ma se kas - selfs jou ouma se kas vir die wat
so gelukkig is - die toppies van die 60's is van so aard dat met 'n
stywe jean, wilde hare, sexy skoene en die regte houding, daar min
dinge naby kan kom. Maar ek het ook al gevind dat jy deur jou
ou klere moet krap en kyk wat jy daaruit kan skep. Miskien is dit 'n
lang vervelig top, wat jy kan korter knip, moue interessant maak en
jou eie skepping ontwerp (met net 'n nuwe soom hier en daar). Al
doen dit net een ding, voorkom dit die kanse van by 'n plek aankom
met die selfde toppie as iemand anders. :)
Desire
Gardner’s inspiration:
“Volg
jou hart en hou jou voete op die grond”
Contact her:
desiremanthey@gmail.com |