Missing Children
South Africa is geloods kort na die tragiese
gebeure
rondom Sheldean Human. Hierdie organisasie het net
een oogmerk en dit is om betrokke te wees by kinders wat
‘weg geraak’ het… kinders wat ‘missing’ is.
Hulle beywer hulle
spesiek daarin om binne 24 uur wat ‘n kind as ‘vermis’
aangemeld is, na daardie kind te begin soek. Alle
media mediums word dan gebruik om die vermiste kind te
probeer opspoor. Dit sluit in die gedrukte media (koerante,
tydskrifte), radio stasies en die internet, asook die
onmiddelike verspreiding van ‘flyers’ met die vermiste
kind se details. Hierdie flyers word dan deur
vrywilligers versprei in die area waar die kind laaste
gesien was.
Die
organisasie maak ongelooflik baie staat op die hulp van
vrywilligers in die verskillende gemeenskappe. Hoe meer
mense na ‘n vermiste kind ‘soek’, hoe groter is die kans
op sukses.
Die organisasie het
geen politieke agenda nie. Die ras van die vermiste kind
speel ook geen rol nie. 'n Kind is ‘n kind is ‘n kind.
Gaan lees gerus meer
oor die fantastiese werk wat Missing Children SA doen op
hulle webwerf
www.missingchildren.co.za
Dit is teen die
agtergrond dat
Bosparra en Simon
Rademan ook besluit het om betrokke te raak by Missing
Children SA.