The meaning of
colour -
Die betekenis van kleur

"Beck en Cowan het dan ook ‘n kleur
aan elke meme gegee en so die fokus verskuif van swart, bruin en wit
mense na rooi, blou, oranje en groen mense."
En wat sę Simon?
There
are a lot of nitty-gritty "woopla" going on on Facebook and
subsequently in the South African media about why a certain colour
would be allocated to a certain cultural group. While I do think it
is blown completely blown out of proportion, it does remain a
serious matter to belittle any individual group, be it skin colour,
sexual preference, religion, political opinions, etc. This recent
ludicrous outbreak does not contribute positively in any way to a
democratic country, nor the freedom of speech (the media tribunal).
I found this fantastic Afrikaans article written by Jeanette de
Klerk-Luttig on the net and it was published in "BY" 16 May 2009.
(My apologies to the many English visitors to our site…)
_______________________________________________
‘n
Ander variasie van Wolf en Rooikappie
-
Geskryf deur Jeanette de Klerk-Luttig | 03 Junie 2009
Posted in Lewenswaardes - Geloofwaardigheid
Ons
het as Suid-Afrikaanse samelewing ons morele kodes verloor. Daar is
‘n gat in die morele osoonlaag en ons is almal besig om seer te
brand. Daar word dan ook vanuit verskillende hoeke oor die morele
verval besin, soos Naas Ferreira in sy artikel in die By van
Saterdag 9 Mei (“Rooikappie en Wolf”) tereg opmerk. Die teorie van
Clare Graves, wat reeds getoets is op meer as vyftigduisend mense in
eerste, tweede en derde węreldlande, bied ‘n baie interessante
perspektief op die morele problematiek in Suid-Afrika. Graves se
werk is voortgesit en verfyn deur sowel Wilber as Beck en Cowan wat
direk betrokke was by die Kempton Park onderhandelinge voor 1994
asook die “hearts and minds” strategie vir die Springbokspan wat die
węreldbeker in 1995 gewen het.
Volgens Graves vind menslike ontwikkeling plaas deur verskillende
sisteme of golwe wat mekaar opvolg, namate ‘n individu se
eksistensiële probleme verander. Die golwe of memes is nie rigiede
ontwikkelingsvlakke nie, maar vloeiende golwe wat oor mekaar kan
spoel en verweef is in ‘n dinamiese spiraal van ontvouende bewussyn.
Elke volgende meme is meer omvattend en kompleks en omsluit en
oorskrei alle vorige memes. ‘n Meme is terselfdertyd ‘n
psigologiese struktuur, ‘n waardesisteem en ‘n spesifieke
węreldbeskouing en daarom voel mense wat in dieselfde meme
funksioneer, tuis by mekaar. Waardesisteme is volgens Graves nie
vas nie en verander namate jou omstandighede, kennis, ervaring en
spiritualiteit verander. Jy kan tussen verskillende memes beweeg,
stabiliseer in een of aanbeweeg na die volgende as ‘n reaksie op
veranderde omstandighede. Die dominante meme kleur jou manier van
dink en doen, jou waardes en etiek, die manier waarop jy glo en jou
persepsie van jouself en ander.
Beck en Cowan het dan
ook ‘n kleur aan elke meme gegee en so die fokus verskuif van swart,
bruin en wit mense na rooi, blou, oranje en groen mense.
Dit gee ook ‘n ander, meer genuanseerde perspektief op die
dieperliggende diversiteit in ons land.
In die beige meme
(argaďes-instinktief, 0.1% van alle volwassenes) gaan dit slegs om
fisiese oorlewing en voortbestaan, om kos, seks en veiligheid en dit
word waargeneem by babas, die laaste fase van Alzheimers en
verstandelike erggestremde straatmense.
Die
węreld van die pers meme
(animisties-stamgebonde, 10%) word beheer deur goeie en bose magte
wat vloeke en seëninge uitdeel, en waar die mens veiligheid soek in
etniese stamme. Voorbeelde hiervan is voorvadergeeste, rituele,
etniese bygelowe. Daar is groot agterdog teenoor vreemdes en sterk
druk om te konformeer met die groep.
By die rooi meme
(krag gode/egosentriese, 20% ) is die węreld ‘n hond eet hond plek
waar net die sterkes oorleef en die wenners al die mag beheer. Dit
is impulsief en selfgesentreerd en sigbaar by bendeleiers, Lord of
the Flies, despote en oral waar die wenner met aggressiewe ambisie
oorheers sonder enige berou of gewete.
Vir die blou meme
(mitologies konformerend, 40% ) word die lewe se sin, rigting en
doel bepaal deur ‘n magtige Ander of Orde wat absolute beginsels van
reg en verkeerd neerlę. Daar is net een regte manier van doen, wet
en orde is ononderhandelbaar en gehoorsaamheid noodsaaklik.
Voorbeelde is puriteins Amerika, Dickens se Engeland, Voortrekkers
en Boy Scouts. Jy leer jou tafels en jou rape word eerste geëet.
Grys areas word nie goed hanteer nie, skuld en vrees funksioneer
sterk en reëls en regulasies kan belangriker word as mense. Volgens
Beck het Suid-Afrika na 1994 sy blou meme in die vorm van ‘n
effektiewe polisiemag te gou afgetakel. Ook in die onderwys is die
blou meme van ken jou tafels, spelwoorde en die periodieke tabel, te
vinnig vervang met die kritiese denke van die groen meme, sonder die
nodige onderliggende basiese kennis.
Die oranje meme
(wetenskaplik rasionele 30%), sien die węreld as ‘n rasionele, goed
geoliede masjien met natuurlike wette wat geken en gemanipuleer kan
word vir eie gewin. Dit is sterk prestasie-georiënteerd,
materialisties en aksentueer persoonlike effektiwiteit,
entrepeneurskap, status en selfverwesenliking. Dit gaan nie om wat
waar is nie, maar wat werk. ‘n Stewige blou meme is ‘n voorwaarde
vir enige oranje meme. Naas se opmerking dat die Afrikaner homself
nie tuis voel in die rasionele nie, is eenvoudig nie waar nie.
Die groen meme
(relativisties pluralistiese 10%) sien die węreld as interafhanklik
en elke vorm van lewe as kosbaar. Ekologiese sensitiwiteit,
netwerke, waarde-gemeenskappe en omgee vir mekaar vervang
rasionaliteit en winsbejag. Kenmerke is postmodernisme,
eko-feminisme, diere-en menseregte, dekonstruksie, politieke
korrektheid en subjektivisme. Meeste akademici funksioneer in groen
en hulle is ironies genoeg ook die ongeduldigste met ander wat nie
soos hulle dink nie. Niemand spring van rooi na groen, sonder om
deur die dissipline van blou en die harde werk van die oranje meme
te gaan nie. Daarom beskadig groen se voortdurende kritiek op blou
en oranje homself en die spiraal, want slegs op ‘n sterk blou en
oranje fondament kan enige van groen se ideale gebou word. In
Suid-Afrika kan ons nie die groen ideale in die grondwet realiseer
sonder dat mense vanuit die rooi meme beweeg deur blou en oranje na
groen nie. Naas se kritiek op die kerk en die Afrikaner is primęr
kritiek vanuit groen op blou.
Na
die sesde meme maak die mensdom ‘n reuse sprong na die tweede baan
van integrerende(geel),
holistiese (turkois)
en spirituele (pers)
denke waar slegs 2% van alle mense funksioneer. Wat hierdie mense
soos o.a. Ghandi, Mandela, Moeder Theresa en Jan Smuts onderskei, is
die feit dat hulle weet dat elke meme bydra tot die integriteit van
die hele spiraal en dat mense ontmoet moet word op die vlak waar
hulle is. Dit gaan om restorasie en heling van die totale mensdom en
‘n groter bewussyn van die verbondenheid van die geheel. Dit is
vanuit die meme dat die morele problematiek van Suid-Afrika
aangespreek behoort te word.
Wat
het dit met nou met Rooikappie en wolf te doen? Naas het met breë
hale die voorafgaande teorie gebruik om die Afrikaner en veral die
kerk te kritiseer. Die afleiding kan gemaak word dat hy geďrriteerd
is met die kerk, Rooikappie se ma, omdat sy haar dogter so
weerloos-naďef deur die woud laat stap, terwyl sy bewus is van die
wolf. Die kerk is egter deel van die samelewing waarbinne hy
funksioneer en bestaan uit mense in verskillende memes en hulle het
verskillende vorme van spiritualiteit. Die kerk kan nie vanuit ‘n
punt ęrens buite die samelewing mense motiveer of manipuleer om
vinniger deur die verskillende memes te beweeg nie. Natuurlik het
die Afrikaanse kerke growwe foute gemaak in die verlede, maar die
kerk het ook intussen voortbeweeg. ‘n Voorbeeld hiervan is dat daar
nou ‘n veel groter erkenning en beoefening van verskillende vorme
van spiritualiteit in die kerk is.
Diegene wat fyn waarneem sal weet dat daar nie nou net ‘n vakuum is
soos wat Naas beweer waarin die Afrikaner rondval nie, maar wel ‘n
kerk wat nie meer gefokus is op mag nie, maar op diens, wat nie meer
opgaan in strukture nie, maar waar gawes sonder ophef gedeel word en
mense mekaar se voete op grondvlak was. Waar die fokus nie meer val
op hiërargiese bestuur van bo af en sinodes nie gaan om posisies nie,
maar waar mense hul weerloosheid erken en hul interafhanklikheid van
mekaar en hul afhanklikheid van hul God bely. Dit is miskien juis ‘n
goeie teken dat die kerk stil geword het Naas, want nou praat hulle
minder en doen meer.
Een van die talle bewyse dat die Afrikaner nie vasgevang is in die
mitologiese vlak nie, is die Manifesto van ‘n nuwe stadsgemeente wat
deur jong Afrikaners self geformuleer is en wat toon dat hulle al
die sprong na die tweede baan maak, nie omdat hulle soos Naas
voorstel, yoga en tantriese seks beoefen nie, maar a.g.v. eerlike
denke binne die spiritualiteit van die kerk en ‘n opregte soeke na
“… wat dit beteken om saam met Jesus te leef.” Die manifes
verklaar ook : (Die gemeente)…” is bedoel vir mense wat soek en nie
settle nie, vir brawe praters en roekelose doeners en nie net
getroue troosters of ‘n bevoorregte binnekring nie, want op die pad
is die binnekring ook die buitekring … Ons verstaan van God is
dikwels anders as wie God regtig is en daarom ook in ons verstaan
van God erken ons dat ons nog op pad is. Ons aanbid nie ons idee van
God nie, maar die God wat ons idees gee … Ons strewe om aan die een
kant die verrassende vrye paaie van die Gees te beleef, aan die
ander kant omarm ons die rustige ritmes van orde en oor-en –oor doen,
van duidelike vaste, eeue-oue spore… Ons loop die pad van liefde,
vrede en regverdigheid … Die aarde moet weer rus anders sal ons
kinders nie hier kan woon nie. Ons is nie net op pad hemel toe nie
maar ook terug aarde toe…”
Miskien sal mense nou begin raaksien dat Rooikappie se ma saam met
haar deur die bos stap. Dat hulle langs die pad ouma se kos met die
honger wolf deel en hom dalk selfs saamnooi om by ouma te gaan kuier,
want as die wolf nie meer honger is nie en as hy kan lees, skryf en
werk, hoef niemand meer vir hom bang te wees nie. Maar terwyl dit
gebeur moet die houtkapper (die reg) asseblief steeds in die bos
wees!!
Jeanette de Klerk-Luttig
Jeanette
is ‘n buitengewone senior dosent by die Fakulteit Opvoedkunde en
navorsingsgenoot by Communitas/Buvton, Fakulteit Teologie,
Universiteit van Stellenbosch. Visit
the original site
Bronne:
Beck D E en Cowan C 1992 The human Spiral and the emergent flow of
Value Systems development. Denton Texas National Values Centre.
Beck D E & Linscott G 1991 The Crucible: forging South Africa’s
future. Denton Texas, New Paradigm Press.
Graves C W 1974 Human nature prepares for a momentous leap. The
Futurist April.
Wilber K 2000 Intergral Psychology Shambhala Boston.
Wilber K 2001 A Theory of Everything. Gateway Boston. |