These articles are protected by
copyright: Simon Rademan Fashion Design Studio CC Media
request for an interview
Style, Etiquette, Beauty – today – or 40
years ago?
I have been a fan of women magazines
since I can remember. Etiquette has fascinated me since “the
beginning” and the real definition of beauty is yet to be
discovered. One of my favourite magazines “SARIE” is
celebrating 60 years in print this year (born 6 July 1949), and
since I have rediscovered some fantastic articles in (now
historical) issues, they still educate! It shows that although
we now have television, the worldwide web, cellphones…. and much
MUCH more…. Fashion changes, but very little about true style,
beauty and etiquette have changed over the years. Decide for
yourself: (Proudly quoted - in original Afrikaans)
Deur Leonie Le Roux
– Sarie 19 Junie 1968
Hoekom is ek nie ook mooi nie?
Soos Annette wat saam met my werk…
of soos Elizabeth Taylor… of soos Prinses Grace van Monacco? So
het ons almal ook seker een of ander tyd gesit en mistroostig na
ons eie beeld in die spieel gekyk. Maar wat, al het ons nou nie
goudblonde hare of viool-pers oë nie, kom ons ruk onsself reg en
wees self mooi / op ons eie manier. Skoonheid het baie maniere
om onder die aandag te kom. Vir die werklik gelukkiges is dit
die skoonheid van hul glansende hare tot hul netjiese voete;
maar in die meeste gevalle is skoonheid te vinde in veral een
opvallende kenmerk soos ‘n stralende glimlag, sielvolle oë of
sjarmante maniere.
Bestudeer gerus enige bekende
skoonheid en jy sal heel waarskynlik vind dat sy glad nie in
elke opsig perfek is nie, maar dat sy geleer het om haarself
mooi te maak deur haar goeie hoedanighede te beklemtoon en die
minder goeies weg te steek. Gelukkig is dit ‘n kuns wat ‘n mens
tot groot hoogte kan aanleer en dit is veral die jong meisies,
vir wie die lewe nog voorlȇ, wat van jongs af dit hulle taak
moet maak om al die slim kunsies te leer.
Maar kom ons bestudeer eers,
inteenstelling met die mooi vrou, haar onaantreklike suster of,
soos sy met die eerste slag altans voorkom. Nou merk ons dat sy
pragtige hare het – as sy hulle net skoon wil hou en in ‘n
vleidiende kapsel wil laat knip. Haar hande is nie van die
mooiste nie, maar nou moet sy juis daardie helder naellak
gebruik om die aandag op hulle te vestig. So kan ons voortgaan
– goeie eienskappe wat afgeskeep en swak eienskappe wat
beklemtoon word pleks van opsigtelik gelaat te word.
Die basiese skoonheidreel is tog
maar altyd onberispelike persoonsversorging. ‘n Netjiese vrou
is al klaar ‘n mooier vrou. Persoonsversorging verg tyd, maar
dit is tyd goed bestee – ruim dus vir jou weekliks tyd in vir
haarverwydering, manikuur, pedikuur, en haarwas. As jou tyd
baie beperk is, kies ‘n kapsel wat maklik en gou versorg kan
word. Niks laat ‘n mens so gou verwaarloos lyk soos onversorgde
hare nie. Gebruik ook ‘n natuurlike naellak kleur wat by jou
lipstiffie pas, boonop lyk ligte kleure nie so sleg wanneer
stukkies afgesplinter het nie.
Bestudeer jou gelaatstrekke nou baie
krities en besluit wat beklemtoon moet word. As jy nie weet hoe
om te grimeer sodat dit werklik ‘n verbetring is nie, raadpleeg
‘n skoonheidskundige. Toets verskillende onderlae, lipstiffies
en ooggrimering totdat jy tevrede is. Met die loop van tyd sal
jy besef dat skoonheid een werklike goeie
gewoonte is wat uit ‘n
hele klomp klein goeie gewoontetjies opgebou is.
Sy is mooi – tot sy haar mond oopmaak
Hoe dikwels het mens dit tog nie al
van ‘n ander vrou gedink nie? Maar is jy seker dat dieselfde
nie van jou gesȇ word nie? As jou asem altyd vars is, jou tande
gereeld nagesien en geborsel word, en jou stem aangenaam is, dan
het jy wat dit betref geen kommer nie. ‘n Verstandige dieet met
baie vars groente en vrugte en gereelde oefening in die vars
lug, sal help om jou asem vars te hou. Gereelde sesmaandelikse
besoeke aan jou tandarts is ‘n moet. As jou tande jou groot
stuikelblok is, sal jy selfs meer dikwels moet gaan en net tot
jou voordeel, want as jy betyds gaan, kan ‘n tandarts baie doen
om jou jou eie tande te laat behou.
Die enigste manier om vas te stel of
jou stem aangenaam vir ander klink, is om iemand reguit te vra
om jou ‘n eerlike mening te gee. Of maak ‘n bandopname van jou
stem, speel dit terug, en besluit of jy graag na jou stem sou
wou luister. Die belangrikste vereiste is dat dit aangenaam
moet klink om na te luister. As jou stem te hoog, te laag,
eentoning of te hard is, of jy spreek woorde slordig en
halfingesluk uit, prober baie hard om die fout te verbeter en
toets jou stem van tyd tot tyd. As jy na ‘n rukkie geen
verbetering merk nie, is dit die beste om ‘n paar spraaklesse te
neem. As jy weet jy praat mooi en reg voel jy sommer baie seker
van jouself.
Ja, sy het ‘n mooi gesig – maar haar postuur
laat veel te wense oor
Ons het nie almal ‘n perfekte
postuur nie, maar ons kan almal leer om dit wat ons het, te
verbeter. ‘n Daaglikse sarsie oefeninge is goed vir elkeen. Is
jy oorgewig, kies spesiale verslankingsoefeninge, of as jy net
die magie bietjie uitbult, sorg jy dat jy ‘n oefening insluit
wat die maagspiere versterk en die magie plattrek.
Net so belangrik soos die vorm van
jou postuur, is die manier waarop jy dit dra. ‘n Grasieuse stap
speel ‘n belangrike rol by die indruk wat ‘n vrou maak. ‘n Vrou
wat haar voete sleep as sy stap, of met haar arms en bene sit
asof sy wil wegvlieg, is haar eie vyand. Sy wek dadelik ‘n
traakmynie-agtige houding en mense is geneig om haar as slordig
en oninteressant te beskou. Om grasieus te stap, beteken ‘n
gladde, ritmiese beweging van die heupe en voete af reguit
vorentoe, arms los langs die sye en net ‘n effense waai van die
heupe. Netjies sit, beteken voete en bene teenmekaar met die
voete effens na die een kant toe, of kruis jou bene bokant die
knie en bring die enkels en voete bymekaar sodat albei voete
vorentoe wys. Onthou om die lengte van jou rok altyd in
aanmerking te neem wanneer jy sit. Ons huidige kort rok mode
het al meer as een toeskouer
verleë of sommer vererg laat wegkyk.
Sy het mooi hande – maar sy verwaarloos hulle
Mooi hande is ‘n waardevolle
skoonheidsbate. Vra maar ‘n paar mans wat hulle die eerste aan
‘n vrou raaksien, en die kanse is goed dat minstens een sal
antwoord haar hande. Nogmaals kan ons darem nie almal mooi
hande hȇ nie, maar ons kan almal ons hande versorg – en
versorgde hande lyk soveel mooier. Ons hande verdien gereelde
skoonmaak, voedingsroom en versorging van die naels. ‘n Paar
ennvoudige oefeninge elke dag help om hulle soepel te hou. Net
om jou hande lossies vanaf die gewrigte te skud nadat jy hulle
gewas het is reeds ‘n goeie gewoonte. Nog ‘n maklike oefening
is om jou vingers lossies deur die lug te laat beweeg asof jy op
‘n denkbeeldige klavier speel. Hou die vel altyd glad, die
naels netjies gevorm en gelak, en leer hoe aantreklik
gevoelvolle hande kan wees. Maar moenie na die ander uiterste
gaan en steurende gebare maak nie - dit kan
ook baie
onaantreklik wees en die indruk van rusteloosheid skep.
Dit is baie moeilik om
persoonlikheid te omskryf. Die feit dat jy leef, dink, loop en
beweeg, maak van jou ‘n persoonlikheid. Maar of jou
persoonlikheid vaal of sprankelend is, hang tot groot hoogte van
jouself af. ‘n Aangename persoonlikheid skyn deur en is op sig
self ‘n vorm van skoonheid. As jy maklik kan gesels, ‘n mooi
houding het, selfversekerd is en die vermoë het om maklik met
mense te meng, het jy geen problem nie. Maar as ander altyd aan
jou moet rem om jou iewers heen te laat gaan, of aan die gesels
te kry, en as jy partytjies en die ontmoet van nuwe mense ‘n
beproewing vind, moet jy weet dat jy ook nie baie stimulerend
vir ander mense kan wees nie. Maar jy kan sekerlik iets daaraan
doen. Begin dadelik doelbewus in ander mense belangstel, begin
met ‘n stokperdjie, prober soveel moontlik daaromtrent te weet
te kom en deel jou kennis met ander met dieselfde
belangstellings.
Word lid van jou plaaslike
biblioteek en lees soveel jy kan, volg ook die nuus in koerante
en oor die radio sodat jy weet wat om jou aangaan en saam kan
gesels. Dit is net die begin. As jy eers aan die gang is, sal
jy gou nuwe
belangstellings kry, en altyd nuwe mense ontmoet met
wie jy wil gesels.
Sy is aanvallig – maar bederf dit met slegte
gewoontes
Om aan jou vingers en vingernaels te
knibbel, met jou hare of oorkrabbetjies te speel, gesigte te
trek, te veel gebare met jou hande te maak, of altyd te kou, is
hinderlike rustelose gewoontes wat nooit aantreklik is nie. As
jy
rook, sorg dat jou rookgewoontes netjies is en nie jou
vroulikheid bederf nie.
Sy
is doodgewoon – maar skep die illusie van mooi wees
‘n Sjarmante glimlag en gelukkige
uitdrukking in jou oë en oor jou gesig kan baie meer vir ‘n vrou
se goeie voorkoms doen as enigiets anders. Let maar op, ‘n
doodgewone vrou kry iets spesiaals omtrent haar gesig as haar
gesig deur ‘n glimlag verlig word wat na haar oë toe kruip – en
almal om haar voel meteens ook gelukkig en ontvang van haar warm
persoonlikheid. Ons kan nie almal altyd gelukkig wees nie.
Maar ons kan onsself organiseer. Kry jou voorkoms reg en
wanneer jy eers mooier lyk sal jy sommer ook mooier en
gelukkiger voel. Onthou virseker dat, as jy huil, jy alleen
huil, maar as jy lag, is daar gou klomp wat saam lag en dan
vergeet jy
dat jy eintlik mos wou huil.
Congratulations to SARIE and all those who have contributed to
their success over the 60 years of their existence.
A word from Sarie
editor, Michelle van Breda:
“Wat vir my
interessant is, is dat dit van die begin ‘n tydskrif vir die
meer progressiewe Afrikaanssprekende vrou was. Sy was die vrou
wat gereis het, gelees het, in oorsese modes belang gestel het
en geglo het sy het ook ‘n rol buite haar huis te speel ens. En
dit is steeds SARIE se posisionering vandag: die moderme
Afrikaanssprekende vrou wat deel van die nuwe SA wil wees en
eerder deel van die oplossing as die probleem wil wees.
SARIE is meer
as ‘n tydskrif: Dis ‘n hartsding!”
Back to top
Request and interview
Back to top
During a
consultation, our aim is to show you the possibilities of
looking your best! Knowledge is power! We shamelessly
share information with you and enable you to experience the
splendour of looking your best at all times! Should you want
this information at hand, at all times, we now have selected
information available regarding the following:
Wardrobe-planning,
Figure
analysis, The little black no.,
How Simon Rademan lost 35kg,
and The Elements of Fashion. |