Some of the many articles printed about Simon Rademan

Back to homepage                                                                               Enter Site

*

"Meester Rademan is mondig"
Beeld - Leefstyl
Articles by Carla Lewis-Balden and Ritte Grobler,

Photo by Lisa Hnatovicz

*

Ritte Grobler en Carla Lewis-Balden  Lees die volledoge storie op beeld.com!

Simon Rademan vier vanjaar 21 jaar in die modebedryf. Ritte Grobler het gaan inloer terwyl Rademan die laaste afwerkings aan sy mondigswordingsversameling gedoen het en Carla Lewis-Balden het die towerkrag van sy skeppings op die loopplank ervaar tydens die galavertoning Papillion 2010? X? Its All about Sophistication.

Die model staan haarself verwonderd in die spiel en bekyk.

Vergeet van die geroesemoes om haar en gooi haar skouer eers di kant toe en haar heup dan daarnatoe. Sy vryf oor die materiaal en word die middelpunt van n ge-oe-en-a oor die aandrok van ligte blou sy. n Bosnimf in n sprokiesrok.

As ek maar net van di oom geweet het toe ek my matriekafskeidrok moes laat maak ... prewel sy voordat n kleremaker, Sandra Matome, haar nadertrek om aan die rok se soom te verstel en die dagdroom versteur.

Dit is presies n week voor Simon Rademan se mondigwordingsvertoning en die modelle pas vir die eerste keer hul rokke in sy ateljee in Brooklyn, Pretoria, aan.

Te oordeel na die stroom entoesiastiese idees uit Rademan se mond; die o wat geoefend oor n model gly om te verseker die skepping wat sy dra, sal n die eerste passing nommerpas oor haar kurwes vou n die feit dat hy hom n 21 jaar in die modebedryf steeds as baanbreker-ontwerper beskou, is Rademan gn oom nie.

Hy pak sy ontwerpe met die verfrissende geesdrif van n 21-jarige aan? een met n magdom ervaring agter die rug.

Daar gaan letterlik duisende dingetjies in n modevertoning in. Ons werk al meer as ses maande aan di reeks en daar is steeds baie te doen, vertel hy, maatband om die nek.

Om die mooiste rokke van die afgelope 21 jaar te moes kies, sal net so onmoontlik wees as om die mooistes van die afgelope vyf jaar te kies, s Rademan skouerophalend. Di dat hy n heel nuwe reeks vir sy belangrike mylpaal ontwerp het.

Die rokke in die reeks is tydloos elegant en as jy die kraletjies afhaal, sal enigiemand dit eintlik kan dra, s hy.

As ek ooit n rok moes maak sonder embellishment , sou mense wonder wat is fout met my!

Om elke kraletjie, smarag en rynsteen met sorg op sy skeppings vas te werk, is immers vir Rademan net so belangrik soos asemhaal.

Di dat hy nooit sy ontwerpe as aards sou bestempel nie en selfs gons-konsepte, soos groen ontwerp, vanuit sy eiesoortige perspektief benader.

Almal maak so n ophef oor groen, maar ek het die betekenis letterlik vertolk en fokus daarom veral op allerlei skakerings van groen in die nuutste reeks, s hy.

Die reeks se inspirasie was n foto van n gruispad wat bos-in lei wat Rademan in n skildery omskep het.

Die rokke in die reeks vang almal n stukkie van die bos vas: die mos teen die boomstamme of die liggroen blare, s hy. En kyk, hier sit n naaldekoker teen die halslyn en daar is n blom subtiel bygewerk.

Wat die kleur van sy rokke ook al is, of wat ook al die tooisels daarby, vroulikheid moet altyd die botoon voer. Natuurlik gehalte ook, want hy weet daar is baie o op hom.

Dit is baie belangrik dat my handtekening as ontwerper raakgesien moet word, s hy en voeg by die feit dat heelwat ander ontwerpers sy konsepte namaak, eintlik vir hom n kompliment is.

Hy wil boonop vir elke vrou wat oor sy drumpel stap, iets gee wat haar persoonlikheid vasvang.

Ek werk in n wreld van egos, waar n vrou vir seker nie soos die ander wil lyk nie. Met di reeks is dit moontlik om individualiteit uit te straal, s hy.

Dan wink Niko Grobler, wat saam met hom werk, hom nader om die meestersoog te gooi oor nog n betowerde model wat wens sy kon met rok en al huis toe gaan.
 
Die vertoning

Om n modevertoning te hou, vereis baie werk. Om n modevertoning met hart en siel te hou, is nog moeiliker.

Simon Rademan, bekende Suid-Afrikaanse modeontwerper, vier vanjaar 21 jaar in die modebedryf en sy modevertoning vir di geleentheid moes niks minder as skouspelagtig wees nie.

Die ligging? Die Randfonteinse skou, tydens n gala-geleentheid ten bate van die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging.

Dit is nogal n vreemde plek om jou 21 jaar-herdenkingsreeks bekend te stel, het ek gedink toe ek die dorpie aan die Wes-Rand binnery. Glansryk is nie die eerste woord wat by jou opkom as jy aan die dorp dink nie.

Sal n bekende modeweek of n spoggerige vyfsterhotel nie meer gepas wees nie?

En daar vlieg al my vooroordele by die venster uit toe ek die markiestent betree.

Die dekor was oortrek met polka-kolle en stylvolle vroue het in wit en swart pakkies gepronk.

Toe besef ek: Simon Rademan hoef nie sy reeks by n neus-in-die lug-modeweek voor stywelip-moderedakteurs bekend te stel nie.

Sy skeppings het nie die glans van n vyfsterhotel nodig om n stelling te maak nie, nog minder n rietskraal model om mooi te vertoon.

Sy skeppings is tydloos, elegant n toeganklik vir die gewone vrou.

Die Mej. Randfontein-finaliste wat sy rokke vertoon het, was ligjare verwyderd van die professionele modelle van die loopplank.

Hulle het soos eksotiese vlinders in sy nuwe reeks gelyk, wat aksentkleure soos lemmetjiegroen, turkoois en warmbruin bevat en drup van blinkers, luukse materiale en kristalle.

Dit is hier waar die krag van Rademan se skeppings l. Of n middeljarige vrou nou een dra by n oggendteepartytjie op die platteland of n matriekmeisie in een smeul by haar matriekafskeid by n spogskool in Pretoria-Oos, die indruk bly universeel.

Rademan maak nie skeppings vir modeslawe wat elke neiging doelloos najaag nie.

Hy verstaan bruide en matriekmeisies se behoefte om van die alledaagse tot die buitengewone verhef te word en die middeljarige vrou se drang om te sprankel by n oggendete.

En dit het hy verlede week by sy vertoning reggekry toe hy n markiestent in n gewone Wes-Randse dorp se skouterrein in n bekorende skouspel verander het.

Lees die volledoge storie op beeld.com!

*

Simon Rademan Fashion Design Studio CC

_______________________________________________________________

Back to homepage   /   Appointment procedures   /   Order information   /   Contact us   /   Enter Site   /   Consultations   /   Costs   /   Wedding gowns   /   Free articles   /   Celebrities   /   Background   /   Magazines   /   SA's best and worst   /   Save money   /   Matric farewell   /   Our official Fashion page   /   Play intro

_________________________________________________________________________

Back to top


Copyright Simon Rademan Fashion Design Studio CC 93/15533/23